FAIL (the browser should render some flash content, not this).


Sign up to our Newsletter

Archives



[ Newsletter - March 2014 ]

Kinders se slaap patrone
by Mareli Fischer

Kinders van verskillende ouderdoms groepe benodig verskillende hoeveelhede slaap. Baie ouers is bekommerd oor die hoeveelheid slaap wat hulle kind kry, en om 'n gesonde, vaste slaap roetine vas te stel kan ook baie uitdagend wees. Hier volg 'n paar riglyne:

Kleuters tussen 1 en 3 jaar benodig gewoonlik 12-14 ure slaap in 'n 24 uur dag. In hierdie ouderdoms groep is dit belangrik dat die kind nie te na aan slaaptyd 'n uiltjie knip nie. Baie kleuters sukkel om in die aand te gaan slaap en baie van hulle word in die nag weer wakker. Nagmerries of angs kom ook gereeld voor in hierdie ouderdoms groep. Baie faktore kan lei tot slaap probleme vir kleuters, soos bv hulle is besig om hulle onafhanklikheid te ontwikkel op sosiale, kognitiewe en motories vlakke. Dit help ook nie dat hulle op hierdie ouderdom begin om self uit die bed te klim nie!

Wanneer kleuters in die dag vaak is mag dit 'n indikasie wees dat hy of sy nie genoeg slaap kry in die nag nie. Gedrags probleme is ook 'n verdere leidraad. Goeie raad vir ouers van kleuters is om voorspelbare reels en maniere van kommunikasie met die kleuter vol te hou, veral wanneer dit kom by roetine soos slaap tyd. Om elke aand dieselfde roetine te volg tydens voorbereiding vir slaaptyd is baie belangrik.

Die 3 tot 5 jarige groepie sukkel gewoonlik met nagmerries en angs. Hulle skrik eintlik vir hulle eie kreatiewe verbeeldings. Dit is ook nogsteeds, soos met die kleuters, normaal vir baie 3 tot 5 jarige kinders om op te staan in die nag. Dit help ook vir hulle baie om konstante en voorspelbare slaap roetines te ontwikkel. Die tyd net voor slaaptyd moet rustig wees, met 'n roetine wat in hulle slaapkamer opeindig. 'n Donker, stil, koel kamer is ideaal.

Kenners meen dat die laerskool kind ten minste 10 ure slaap moet geniet elke aand. Dit is wel baie moeilik om die roetine vol te hou, veral met besige skool programme, buitemuurse aktiwiteite en hulle sosiale verpligtinge. Dit is ook so dat die laerskool kind meer begin belangstel in tegnologie wat stimulerend is, soos rekenaar speletjies en die internet, asook programme op televisie wat hulle graag kyk. Veral televisie word geassosieer met probleme tydens slaaptyd, angs en 'n korter nagrus.

Die laerskool kind wat sukkel met slaap, mag dalk met simptome van hiperaktiwiteit en slegte konsentrasie in die klas kamer belas word. Hulle leer vermoe en gemoedstoestand sal ook geaffekteer word na 'n slegte nag se slaap. Net soos vir kinders van ander ouderdomme, is 'n konstante, voorspelbare roetine die sleutel tot 'n goeie nag se rus. 'n Koel, donker kamer sonder televisie word ook aanbeveel, en enige vorm van kaffeine moet vermy word naby aan slaaptyd.

Ander wenke vir kinders van alle ouderdomme:

  • Om op dieselfde tyd elke dag op te staan en te gaan slaap is baie belangrik, selfs oor naweke ook.
  • Gereelde, daaglikse oefening.
  • Vermy 'm swaar maaltyd 1 of 2 ure voor slaaptyd, maar moet ook nie dat die kind honger gaan slaap nie.
  • Beplan 'n rustige uur of meer voor slaaptyd. Probeer televisie, rekenaar speletjjies, huiswerk moet vermy word. 'n Warm bad, tandeborsel en miskien 'n slaaptydstorie is voorbeelde van aktiwiteite wat as roetine in die tyd ingesluit word.
  • Dit is belangrik veral vir kleiner kinders om te leer om in hulle eie beddens aan die slaap te raak. Dit moet ook 'n roetine raak dat die kind na sy eie bed en kamer toe geneem word, en dat hy of sy daar aan die slaap raak.
  • Veral vir jonger kinders is 'n sagte slaap maatjie 'n goeie idee.
  • Die slaapkamer moet so ver moontlik geassosieer word met goeie gevoelens, met 'n soentjie en drukkie voor slaaptyd. Dis belangrik dat hierdie nie die kamer moet wees waar die kind gaan om 'n straf uit te dien nie.

'n Goeie slaap roetine kan verrykende gevolge vir die kind se gesondheid en welstand hê. Bv metaboliese sindroom en kondisies soos diabetes is al aangedui by kinders wat vir jare 'n ongereelde slaap patroon volg.

Gevaar tekens om voor uit te kyk:

  • As jou kind se slaap patrone baie veskil van aand na aand.
  • Wanneer 'n kind langer as 15 tot 30  min sukkel om aan die slaap te raak.
  • Wanneer jy baie sukkel om die kind in die oggend wakker te maak.
  • As jou kind vir 'n lang ruk in die oggend deurmekaar en slaperig voorkom.
  • Wanneer 'n kind slapering en vaak is by die skool of tydens huiswerk in die middag, is dit 'n belangrike leidraad dat hulle nie genoeg slaap kry nie.

Kenners meen dis nie net die hoeveelheid slaap wat 'n kind kry nie maar liewer die kwaliteit van die slaap wat belangrik is. As 'n kind van enige ouderdom, selfs 'n tiener, van hierdie simptome wys soos bo beskryf, is dit belangrik om die slaap patroon te evalueer. Fokus op die slaap tyd roetine en die kind se aktiwiteite net voor slaap tyd. Maak aanpassings en evalueer die situasie weer. Indien daar nogsteeds probleme is, is dit belangrik om vir die kind hulp te kry by 'n pediater of sielkundige.




Copyright The Claremont Practice, 2012. Website by Spyderweb Design